top of page
Search
Writer's picture90.6 FM News

Winkels gewaarsku om nie geskeduleerde medisyne sonder ‘n lisensie te verkoop nie

VAALDRIEHOEK - Die Gautengse Gesondheidsdepartement waarsku instellings om nie geskeduleerde medikasie sonder 'n lisensie aan inwoners te verkoop nie. Die departement se woordvoerder, Motalatale Modiba, sê volgens wet word slegs gelisensieerde apteke en geregistreerde gesondheidsorgberoepslui gemagtig om medisyne in Suid-Afrika te verkoop of voor te skryf. Hy voeg by die onwettige verkoop van geskeduleerde medikasie is 'n openbare gesondheidsrisiko.


1 view0 comments

Comments


bottom of page