top of page
Search

VF Plus gaan nuwe Onteieningswet in Konstitusionele Hof uitdaag

Writer's picture: 90.6 FM News90.6 FM News

VAALDRIEHOEK - Die Vryheidsfront Plus sê hy gaan as lid van die regering van nasionale eenheid alles in sy vermoë doen om ʼn wysigingswetsontwerp te laat uitreik om die Onteieningswet se grondwetlikheid uit te daag. Die wet sit uiteen hoe staatsinstellings om verskeie redes grond in openbare belang mag onteien. Die VF Plus se leier, Pieter Groenewald, sê die wet is nadelig vir eienaars en tot voordeel van die onteieningsowerheid. Hy sê hulle gaan die Konstitusionele Hof nader. Groenewald sê hy het onlangs aan President Cyril Ramaphosa geskryf en gevra dat hy dit eers na die hof verwys vir bevestiging dat die wet wel grondwetlik is. Die president het daarna teruggeskryf en gesê dat hy wel glo dit is grondwetlik en gaan dit onderteken. Volgens Groenewald is die regering van nasionale eenheid nie ingesluit in die besluit nie.

0 views0 comments

Recent Posts

See All

Kommentare


bottom of page