VAALDRIEHOEK - Die Gautengse Departement van Water en Sanitasie sê waterbewaring is van kritieke belang ten spyte van die Geïntegreerde Vaalrivierstelsel se goeie vlakke. Die provinsiale stelsel van 14 damme se vlakke het effens gedaal tot 95,6% vergeleke met voor-verlede week se 95,8%. Die Vaaldam se watervlak het met 0,7 van ‘n persentasiepunt gedaal, van voor-verlede week se 89,5% tot die huidige 88,8% Die departement sê die geringe wisselings beklemtoon die noodsaaklikheid om waterhulpbronne doeltreffend te bestuur.
FOTO: (Verskaf)

Comments