top of page
Search

Suid-Afrika verloor 144,000 poste vanaf Junie 2023 tot Junie 2024

VAALDRIEHOEK - Suid-Afrika het vanaf Junie verlede jaar tot Junie vanjaar 144,000 werksgeleenthede verloor. Dit is volgens die Kwartaallikse Opname van Indiensnemingstatistieke wat Statistieke Suid-Afrika vandag vrygestel is. Die algehele indiensneming in die formele nie-landboukundige sektor het in die tweede kwartaal met 42,000 gestyg, wat die indiensnemingsvlak tot 10,7-miljoen opstoot. Die gemeenskapsdienstebedryf het die grootste stygings in betrekkings aangeteken. Vervaardiging, sakedienste, mynbou, vervoer, handel en die boubedryf het poste afgestaan. Jaar-tot-jaar het die gemiddelde maandelikse verdienste met 4,8% toegeneem.


1 view0 comments

Comments


bottom of page