top of page
Search

Suid-Afrika se bevolking het 62-miljoen bereik in Februarie 2022

Writer's picture: 90.6 FM News90.6 FM News

VAALDRIEHOEK - Statistieke Suid-Afrika het bekendgemaak dat die bevolking die afgelope dekade aansienlik gegroei het tot 62-miljoen, wat ‘n toename van 19,8% verteenwoordig sedert die sensus van 2011. Die sensusdata vir 2022 toon die meerderheid van die bevolking bestaan uit swart Afrikane, altesaam 81,4%. Die wit bevolking het afgeneem van 11% in 1996 tot 7,3% verlede jaar. Die Statistikus-generaal, Risenga Maluleke, het met die oorhandiging van die Sensus 2022-verslag aan president Cyril Ramaphosa gesê toegang tot basiese dienste, deelname aan onderwys en toegang tot die internet het ook oor die jare verbeter. Intussen het Ramaphosa Statistieke Suid-Afrika geloof vir sy vernuwende denke met die inwin van data vir die sensus tydens die Covid-19-pandemie. Hy het die amptelik die Sensus 2022-verslag ontvang van die Statistikus-generaal, Risenga Maluleke. Gauteng en KwaZulu-Natal bly die digsbevolkte provinsies met bevolkings van onderskeidelik 15- en 12,4-miljoen. Die Wes-Kaap het ‘n bevolking van 7,4-miljoen. Ramaphosa sê die sensus gee die regering data om aksieprogramme in te stel. FOTO: (Stats SA)






4 views0 comments

Recent Posts

See All

Comments


A New Design (1) (2).jpg
bottom of page