VAALDRIEHOEK - Suid-Afrikaners gaan vanjaar twee bykomende openbare vakansiedae geniet, soos voorgeskryf deur die Wet op Openbare Vakansiedae. Die land verloor egter ook ‘n vakansiedag omdat Vryheidsdag op ‘n Saterdag val. Burgers sal op 17 Junie ‘n bykomende dag af hê om Jeugdag te herdenk, wat op ‘n Sondag val. Die tweede bonusvakansiedag is op die dag van die algemene verkiesing, wat president Cyril Ramaphosa na verwagting tot openbare vakansiedag sal verklaar. Die skrikkeljaar bevoordeel egter ook werkgewers, want dit voeg ‘n ekstra werkdag by die kalender.
FOTO: (Verskaf)
Comments