VAALDRIEHOEK - Eskom sê daar is nie ʼn groot risiko vir beurtkrag oor Kersfees nie, maar dit verwag wel groot druk op die kragnetwerk vroeg in 2025. Die land is vandag reeds 262 dae sonder enige beurtkrag. Eskom reik weekliks ʼn verslae uit oor sy opwekkingsvermoë en volgens die jongste data verwag Eskom groot druk op die kragnetwerk vanaf 13 Januarie. Dit dui op ʼn oranjevlak-waarskuwing wat vroeg in Februarie tot rooi kan verhoog. Volgens die verslag kan die druk op die kragnetwerk volhou vir die grootste gedeelte van volgende jaar.
top of page
bottom of page
Comentarios