top of page
Search

Solidariteit sê die hofstryd oor die Nasionale Gesondheidsversekering gaan onbestrede voort

VAALDRIEHOEK - Die vakbond Solidariteit sê hulle gaan onbestrede voort met hulle hofstryd teen die Wet op die Nasionale Gesondheidsversekering nadat die regering nog ʼn sperdatum misgeloop het om beantwoordende dokumente in te dien. Die vakbond het sy saak aanvanklik in Mei aanhangig gemaak en tot uitstel ingestem maar die regering het na vier maande nog nie reageer nie. Solidariteit-woordvoerder, Peirru Marx, sê hulle werk aan alternatiewe voorstelle vir die NGV wat binnekort bekend gemaak sal word.

FOTO: (Solidariteit)


2 views0 comments

Comments


bottom of page