top of page
Search

SA het in 2023 net 98,000 poste in formele sektor bygevoeg

VAALDRIEHOEK - Die Kwartaallikse Indiensnemingstatistieke-opname wat Statistieke Suid-Afrika vrygestel het, toon 98,000 poste is in 2023 in die formele nie-landbousektor bygevoeg. Werksgeleenthede het in die vierde kwartaal verlede jaar met 194,000 afgeneem. Die gemeenskapsdienstebedryf het die hoogste aantal werksverliese ervaar, gevolg deur die boubedryf en die sakedienstebedryf. Werksgeleenthede is bygevoeg in die handel-, vervoer- en elektrisiteitsbedryf. Die algehele bruto verdienste wat betaal is aan werknemers, het van die derde tot die vierde kwartaal verlede jaar met 5,8% toegeneem.


7 views0 comments
A New Design (1) (1).jpg
bottom of page