VAALDRIEHOEK - Rand Water sê hoë verbruik deur Gautengse munisipaliteite het daartoe gelei dat hy water bo die drumpel van sy lisensie versamel het. Rand Water het ‘n permanente lisensie van die Nasionale Departement van Water om 1,600 miljoen kubieke meter water uit die geïntegreerde Vaalrivierstelsel te versamel. Sowat 77% van die rou water wat deur Rand Water verskaf word, gaan na die drie groot Gautengse metro’s, naamlik Johannesburg, Tshwane en Ekurhuleni. Rand Water sê eise van die metro’s oorskry wat dit kan verskaf. Die organisasie se bedryfshoof, Mahlomola Mehlo, sê weens eise deur die metro’s onttrek dit tans meer as 1-800 miljoen kubieke meter water.
top of page
bottom of page
Comments