Die Posbank se uitvoerende hoof, Nikki Mbengashe, het weereens herhaal dat SASSA se geel/gouekaart nie meer sal werk na Donderdag se sperdatum nie.
Meer as 'n miljoen begunstigdes het tot dusver na die swartkaart oorgeskakel.
Met betrekking tot die komende sperdatum het Mbengashe gesê die uitreiking van die swartkaart sal voortgaan. Sy het bevoordeeldes verseker dat hulle steeds by Poskantore landwyd togang tot hulle toelaes sal hê.
Comments