VAALDRIEHOEK - Die polisie regoor die land het daarin geslaag om meer as 14,000 verdagtes in hegtenis te neem tydens die hoëdigtheid-operasie Shanela verlede week. Dit sluit meer as 2,000 gesoekte verdagtes in, meer as eenduisend onwettige buitelandse burgers, en honderde verdagtes wat vir moord, poging tot moord, verkragting en aanranding gesoek word. Die meeste van hierdie verdagtes is in Gauteng, die Wes-Kaap en KwaZulu-Natal in hegtenis geneem. ‘n Polisiewoordvoerder, luitenant-kolonel Vincent Mukhathi, sê hulle het ook daarin geslaag om honderde onwettige vuurwapens en ammunisie van die strate af te verwyder. Mukhathi sê dié vuurwapens sal vir ballistiese toetse gestuur word om te bepaal of dit in misdaadvoorvalle gebruik is.
top of page
Search
Recent Posts
See AllVAAL TRIANGLE - Oil prices ticked higher today as investors weighed US President Donald Trump’s latest tariff threat on all steel and...
10
VANDERBIJLPARK - The Vanderbijlpark SAPS says a Bophelong man was sentenced to life imprisonment after killing his girlfriend and hiding...
20
VAALDRIEHOEK - Die Suid-Afrikaanse Sakekamer in Amerika sê hy het meer as 20,000 navrae van Suid-Afrikaners ontvang wat hulle in Amerika...
10
bottom of page
Comments