top of page
Search
Writer's picture90.6 FM News

‘n Kenner waarsku die Waterslaai en hiasint in die Vaalrivier stuur af op ‘n ramp.

VAALDRIEHOEK - Op Woensdag, 10 Januarie 2023, is die Vaalrivier bedek deur 'n besmetting van waterslaai en hiasint, 'n indringer uitheemse spesie wat die eerste keer in Februarie 2021 verskyn het. Save the Vaal Environment het 'n ernstige waarskuwing uitgereik oor ‘n dreigende nasionale ramp wat veroorsaak word deur die voortplanting van waterslaai en waterhiasint in die Vaalrivier. Die voorsitter, Malcolm Plant sê die onus om hierdie krisis aan te spreek, rus swaar op nasionale departemente insluitended die Departmente van Omgewing, Visserye & Bosbou, Water en Sanitasie, en Landbou, in samewerking met Rand. Malcolm Plant beklemtoot dat deur nie daadwerklik op te tree teen die krisies nie sal lei tot die verwoesting van die reeds eutrofiese Vaalrivier en dat dit sal uitbrei na die Oranjerivier. Hierdie indringerplant hou beduidende ekologiese bedreigings in, insluitend die verhindering van suurstofdiffusie, die afskadu van onderwater plantegroei, sterftes van visse en waterlewe, die skep van broeiplekke vir muskiete, en die verandering van waterchemie wat skadelike alge en bakterieë bevoordeel. Dit kan ook verliese in toerisme, werkskepping, eiendomsontwikkeling, en plaaslike ekonomieë tot gevolg hê. Save the Vaal Environment dring aan op 'n volgehoue, gefinansierde regeringsprogram, en moedig samewerking met Rand Water en gemeenskapsdeelname aan om 'n nasionale krisis en onherstelbare skade aan die Vaalrivier verder te voorkom.


8 views0 comments

Comments


bottom of page