top of page
Search

Midvaal stel twee nuwe parke van R2-miljoen bekend

Writer: 90.6 FM News90.6 FM News

MIDVAAL - Die Midvaal-munisipaliteit in Gauteng het die voltooiing van twee nuwe parke, Noldickpark en Kookruspark, ter waarde van R2-miljoen aangekondig. Die parke is ontwerp as veeldoelige ontspanningsareas waar families gehaltetyd saam kan deurbring, kinders veilig kan speel en inwoners aktief in die buitelug kan wees. Die twee parke is toegerus met onder meer buitelug-gimnasiumtoerusting, ‘n kinderspeelgrond, en ʼn halfbaan. Die burgemeester se woordvoerder, Idah Satikhe, sê Midvaal het twaalf parke die afgelope drie jaar ontwikkel met Noldick en Kookrus wat die totaal op 14 te staan bring. Satikhe sê die munisipaliteit is daartoe verbind om volhoubare en innoverende ontspanningsruimtes te lewer wat alle inwoners bevoordeel.

 
 
 

Recent Posts

See All

留言


906 VCR BANNER.png
bottom of page