top of page
Search

Meer as 20,000 wit Suid-Afrikaners doen navraag oor hervestiging in Amerika

Writer's picture: 90.6 FM News90.6 FM News

VAALDRIEHOEK - Die Suid-Afrikaanse Sakekamer in Amerika sê hy het meer as 20,000 navrae van Suid-Afrikaners ontvang wat hulle in Amerika wil hervestig. Dit volg nadat Amerika se president, Donald Trump, Vrydag met 'n uitvoerende bevel finansiële hulp aan Suid-Afrika opgeskort het en vlugtelingstatus in Amerika aan Afrikaners bied wat slagoffers is van rasse-diskriminasie. Die sakekamer-president, Neil Diamond, het aan die SAUK gesê 'n massa-uittog van vaardige professionele boere uit Suid-Afrika kan moontlik plaasvind.

Intussen sê Die MK-party hy gaan vandag by die polisiekantoor ʼn saak van hoogverraad teen AfriForum aanhangig maak. Die organisasie het verklaar hy gaan aan die Amerikaanse regering skryf om sanksies teen ANC-leiers te vra wat volgens hom beleid deurdruk tot nadeel van Suid-Afrika. AfriForum beskryf die Onteieningswet as ʼn bose en ontwrigtende beleid, en veroordeel veral dat dit voorsiening maak vir onteiening sonder vergoeding. Die MK-party se adjunkpresident John Hlophe sal die optog na die polisiekantoor in Kaapstad-sentraal lei.

2 views0 comments

Recent Posts

See All

Комментарии


A New Design (1) (2).jpg
bottom of page