top of page
Search
Writer's picture90.6 FM News

Man van Vereeniging Thinus Swanepoel word verbind met die verdwyning van ‘n 11 jarige meisie.

VEREENIGING - Die SAPD ondersoek 'n saak van ontvoering en vra die publiek se hulp om Thinus Swanepoel op te spoor rakende die verdwyning van die 11-jarige Angelique Bejanka Hayward. Angelique, ’n gr 5.-leerling aan die Laerskool Handhawer is laas Maandag, 7 augustus by die skool gesien. Sy het vermoedelik die skoolterein verlaat saam die 43-jarige Swanepoel.Hy het intussen ook spoorloos verdwyn en is sy selfoon is af. Volgens Angelique se ma, Jesika Botha het hul gesin vantevore ’n plek gehuur en Thinus Swanepoel het ook op die perseel gewoon. Botha en haar kinders het sowat vier weke gelede na ’n nuwe plek verhuis. Sy sê sedert hulle daar weggetrek het, het hy boodskappe gestuur waarin hy haar gedreig en na bewering gesê het dat hy vir Angelique by die skool sal kom vat. Daar word vermoed dat Angelique dalk in die omgewing van Leeuhof of Sonlandpark kan wees. Angelique se familie bly diep bekommerd oor haar veiligheid. Die Vereeniging-eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe doen 'n beroep op individue met enige inligting oor Swanepoel se verblyfplek of die saak om na vore te kom.




22 views0 comments

Recent Posts

See All

Comments


bottom of page