VEREENIGING - Die Internasionale Handelsadministrasie van Suid-Afrika hersien die staaltariefstruktuur na die besluit van ArcelorMittal Suid-Afrika om sy bedrywighede in Vereeniging, Gauteng en op Newcastle in KwaZulu-Natal te sluit. Hoofkommissaris, Ayabonga Cawe, bevestig alternatiewe word ondersoek, insluitend die regulering van uitvoere van skrootmetaal en die ondersoek na handelsremedies vir skadelike invoermededinging. Cawe beskryf die besluit om te sluit as betreurenswaardig, maar soek steeds na oplossings om uitdagings weens onderbenutting die hoof te bied. Hy bevestig aanbevelings oor die maatreëls sal aan die minister van Handel, Nywerheid en Mededinging, Parks Tau, voorgelê word.
top of page
bottom of page
Comments