Gauteng Gesondheid skuld miljoene aan Emfuleni en Midvaal munisipaliteite
- 90.6 FM News
- Apr 7
- 1 min read
VAALDRIEHOEK - Die Gautengse Departement van Gesondheid skuld R225-miljoen aan munisipaliteite weens kontanttekorte, faktuurvertragings en 'n gebrek aan diensvlakooreenkomste. Die grootste bedrag verskuldig is R160-miljoen aan die Emfuleni Munisipaliteit vir kostes rakende indiensneming, goedere en dienste, asook R14,9-miljoen aan die Midvaal-raad. Die Johannesburgse Raad wag op 'n uitstaande bedrag van R21,6-miljoen vir water, afvalverwydering en elektrisiteit. Ekurhuleni wag op 17,84-miljoen-rand vir dienste in verskeie hospitale, terwyl Tshwane ook wag op betalings van R6,11-miljoen en die Wes-Randse rade R5-miljoen moet kry.
Comentários