VAALDRIEHOEK - Eskom vra van vandag af meer vir elektrisiteit nadat die Energiereguleerder die verhoging in tariewe goedgekeur het. Kliënte wat regstreeks aan Eskom betaal kan van vandag af tot 31 Maart 2025 ʼn persentasieverhoging van 12,74% vir alle elektrisiteitsuitgawes verwag, afgesien van die bekostigbaarheidsubsidie. Volgens Eskom-woordvoerder, Daphne Mokwena, is die tarief vir die bekostigbaarheidsubsidie verhoog as ʼn subsidie aan die Homelight 20-ampere stroombreker-tarief, soos deur Nersa bepaal.
top of page
bottom of page
Comentários