VAALDRIEHOEK - Die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit in Gauteng het 'n waarskuwing aan inwoners gerig oor 'n voortslepende indiensnemings-bedrogspul. Swendelaars buit die munisipaliteit se naam uit deur SMS-boodskappe en sosiale media te gebruik om werksoekers met bedrieglike aanbiedinge te lok. Die munisipaliteit verduidelik dat hy nie geld vra vir enige werwingsdoeleindes, insluitend die administrasie en verwerking van vorms, nie. Werksoekers word versoek om versigtig te wees en enige werkaanbiedings te verifieer om te verhoed dat hulle slagoffers van die bedrogspul word. Emfuleni inwoners word gevra om waaksaam te wees en enige verdagte kommunikasie wat dui op so ‘n bedrieglike skema aan te meld.
FOTO: (Verskaf)
Comments