VEREENIGING - Die munisipale afbakeningsraad het die gemeenskap van Drie Riviere in Vereeniging se aansoek om ingelyf te word by die Midvaal-plaaslike munisipaliteit, vandeesweek afgekeur. Die inwoners van die gegoede buurte Drie Riviere, Drie Riviere-Oos en Kliplatdrift, het die afbakeningsraad twee jaar gelede versoek om die munisipale grense aan te pas ten einde hulle van die Emfuleni-plaaslike munisipaliteit na Midvaal te verskuif. Volgens die Vryheidsfront Plus is inwoners ongelukkig met die dienslewering wat hulle van Emfuleni ontvang synde dié gemeenskappe tussen R40-miljoen en R41-miljoen in erfbelasting vir Emfuleni inbring. Die VF Plus voer aan dat munisipaliteite kleiner gemaak moet word om plaaslike regering nader aan die mense te bring, aangesien dit gemeenskappe die geleentheid sal bied om insig te hê in hoe hul swaarverdiende belastinggeld bestee word tot voordeel van die gemeenskappe wat deur daardie spesifieke munisipaliteit bedien word. Die VF Plus sê die enigste oplossing vir inwoners is om met die komende verkiesing van die ANC-regering in Gauteng ontslae te raak en te vervang met ʼn koalisieregering wat hul beste belange op die hart dra.
top of page
Search
Recent Posts
See AllVANDERBIJPARK - The EFF in Gauteng has condemned the ongoing water crisis in parts of the City of Johannesburg, saying this is a direct...
00
VAAL TRIANGLE - The DA is urging the South African Social Security Agency to extend the SASSA gold card deadline. The party is citing...
00
VAALDRIEHOEK - Die leier van die ACDP, Kenneth Meshoe sê werkloosheid bly te hoog, en talle gekwalifiseerde dokters sukkel om werk te...
00
bottom of page
Comments