VAALDRIEHOEK - Die Vereniging van Staatsamptenare sê die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika moet sy besluit om Eskom se tariefverhoging toe te staan, heroorweeg. Die reguleerder het ʼn tariefverhoging van 12% vir die 2025/2026-boekjaar goedgekeur wat op 1 April van krag word. Dan volg ʼn 11% verhoging vir die 2026/2027-boekjaar, en ʼn 9,1% styging vir 2027/2028. Die vereniging glo die goedkeuring van so ʼn aansienlike verhoging is onregverdigbaar in die lig van voortslepende wanbestuur en korrupsie by Eskom.
Intussen sê Earthlife Africa in Johannesburg burgers behoort nie gedwing te word om te betaal vir Eskom se finansiële wanbestuur, korrupsie en mislukking om te moderniseer nie. Thabo Sibeko van Earthlife sê die meedoënlose tariefverhogings vergroot steeds die ongelykheidsgaping en maak elektrisiteit 'n luukse eerder as 'n basiese reg.
Kommentare