top of page
Search

Die EFF ruk op na Emfuleni om te eis dat hy diensleweringsuitdagings oplos

Writer: 90.6 FM News90.6 FM News

VANDERBIJLPARK - Die EFF in Gauteng het ’n beroep op die Emfuleni-munisipaliteit gedoen om die verskeie uitdagings wat inwoners in die gesig staar, op te los. Die party het eergister na die munisipale kantore in Vanderbijlpark opgeruk om beter dienslewering te eis. Volgens die EFF se Jeanette Maloka het die munisipaliteit se rioolstelsel ineengestort, wat daartoe gelei het dat rou riool in strate, huise en riviere vloei. Maloka sê dit raak inwoners se welstand, aangesien waterbronne besoedel word en onaangename reuke leefruimtes onbewoonbaar maak. Sy sê inwoners ly ook weens gereelde en langdurige kragonderbrekings, wat veiligheidsrisiko’s in sommige gebiede verhoog.

 
 
 

Recent Posts

See All

Comments


A New Design (1) (2).jpg
bottom of page