top of page
Search

DA en AfriForum verseker staking van onreëlmatige behuisingsontwikkeling in Sasolburg

Writer's picture: 90.6 FM News90.6 FM News

SASOLBURG - Die Demokratiese Alliansie (DA) in Metsimaholo Plaaslike Munisipaliteit sê hy het pogings suksesvol ondersteun om die Wonderfontein-behuisingsontwikkeling in Sasolburg te stuit, wat deurspek was met ongerymdhede en oortredings van munisipale verordeninge en wetgewing. DA-lid van Nasionale Raad van Provinsies, Igor Scheurkogel, sê die Vrystaatse departement van menslike nedersettings se besluit om die projek te staak is ’n beduidende oorwinning vir die inwoners van Sasolburg. As die ontwikkeling voortgegaan het onder die huidige stand van die munisipaliteit se infrastruktuur, sou dit 'n verwoestende impak op Sasolburg se riool- en watervoorsiening gehad het. Scheurkogel sê die DA het in vennootskap met die Sasolburg-gemeenskap die regstappe wat deur AfriForum geneem is om hierdie ongerymdhede te betwis, aktief ondersteun. Hy sê deur aanhoudende druk van die burgerlike samelewing het hulle verseker dat die projek gestaak word totdat alle nodige wetlike prosedures behoorlik gevolg word.

1 view0 comments

Recent Posts

See All

Comentarios


A New Design (1) (2).jpg
bottom of page