VANDERBIJLPARK - Die DA in Gauteng doen 'n beroep op die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit om vakatures in sy vullisverwyderingsafdeling te vul, aangesien hy steeds meer as R129-miljoen aan eksterne kontrakteurs bestee. Alhoewel daar 24 diensverskaffers is, worstel inwoners steeds met hope rommel in die strate en dit hou 'n gesondheidsrisiko in. Die DA-lid, Kingsol Chabalala is van mening die munisipaliteit se afvalbestuursafdeling, waar 251 werknemers is, presteer nie omdat daar talle vakatures is, 'n gebrek aan toerusting en nie genoeg voertuie is nie.
top of page
bottom of page
Comments