DA dring aan op dringende optrede oor onveilige drinkwater in Deneysville
- 90.6 FM News
- 2 days ago
- 1 min read
DENEYSVILLE - Die DA in Metsimaholo gaan die dringende kwessie van onveilige drinkwater in Deneysville op die agenda plaas by die komende raadsitting. Dit volg op skriftelike vrae wat reeds aan die Munisipale Bestuurder voorgelê is, met die doel om vinnige en behoorlike optrede te verseker ter beskerming van openbare gesondheid. Volgens die DA skets onafhanklike watergehaltetoetse wat op 11 Februarie 2025 uitgevoer is, “n kommerwekkende prentjie. Die resultate het besmettingsvlakke getoon wat ver bo die Suid-Afrikaanse Nasionale Standaard is. Die Totale Plaattelling 14 keer hoër as die aanvaarde gesondheidsnorm, wat moontlike bakteriële hergroei of onvoldoende behandeling aandui. Daarbenewens was die vlakke van Totale Koliforme agt keer bo die veilige limiet, wat dui op besmetting vanaf grond, plantegroei of fekale bronne. Die DA sê hierdie bevindings bevestig dat inwoners van Deneysville van hul basiese reg op skoon water ontneem word, wat ’n ernstige en onmiddellike gesondheidsrisiko vir die gemeenskap inhou.
Comments