top of page
Search
Writer's picture90.6 FM News

Broers van Sonlandpark steeds op vrye voet ondanks hofbevel

VEREENIGING - AfriForum se privaatvervolgingseenheid eis dringende antwoorde van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) nadat bekend geword het dat twee veroordeelde kinderverkragters, Morné en Marinus Kemp, oorspronklik van Sonlandpark, Vereeniging, steeds nie in hegtenis geneem is nie. Die broers, wat in 2022 skuldig bevind is aan die verkragting van ’n 14-jarige meisie, is beveel om by die Pretoria-Noord-polisiekantoor aan te meld om vonnisse van onderskeidelik 25 en 20 jaar uit te dien. Adv. Gerrie Nel meen daar is geen wettige rede vir hul voortgesette vryheid nie en het geëis dat die NVG optree. Hy noem ook dat enige ooreenkoms wat hul aanhouding vertraag, geregtigheid ondermyn. Die broers se borgtog is reeds op 30 Oktober herroep, maar twee weke later is geen stappe geneem nie. Die slagoffer se ma is diep bekommerd oor haar dogter se veiligheid, en AfriForum het belowe om druk op die owerhede te hou.


11 views0 comments

Comentários


bottom of page