top of page
Search
Writer's picture90.6 FM News

Brawe hondjie wat eienaar teen rowers in Vanderbijlpark beskerm het, is gevind

BREKENDE NUUS: Sussie, die hondjie wat byna twee weke vermis was na sy uitgekom het na sy haar eienaar vreesloos teen aanvallers in Vanderbijlpark probeer beskerm het, is vanoggend gevind. Haar eienaars het op sosiale media bevestig dat hulle lojale Jack Russell-terriër aan die agterkant van Vaal Mall in die veld naby die hoofpad in Vanderbijlpark gevind is. Maroela Media berig een van die hondjie se eienaars, Lianca, sê ‘n werker van mense wat verlede week by die soektog betrokke geraak het, het haar vanoggend gewaar en sy werkgewers gebel. Hulle het Lianca se pa gebel, en hy en sy is inderhaas na die area. Sy sê ‘n paar mense wat deel was van die soektog het reeds in ‘n sirkel om Sussie gestaan sodat sy nie weer wegkom nie – sy was baie skrikkerig. Lianca, en haar pa ook later, het op hulle knieë gegaan en na so 10 minute het Sussie na hom toe gegaan. Lianca sê sy was baie vuil en vol bosluise, maar hulle het haar gebad en gaan haar ook na die veearts neem. Die gesin het die gemeenskap van Vanderbijlpark bedank vir hulle hulp en ondersteuning en sê Sussie se terugkeer sou nooit sonder almal se hulp moontlik gewees het nie.

FOTOS: (Maroela Media)




5 views0 comments

Recent Posts

See All

Comments


bottom of page