top of page
Search

Adjunkminister van Bosbou sê dis belangrik dat die publiek ag gee op weerwaarskuwings

VAALDRIEHOEK - Die adjunkminister van Bosbou, Visserye en die Omgewing, Narend Singh, waarsku die publiek om aandag te gee aan weerwaarskuwings en hul planne, insluitend reisplanne, daarvolgens aan te pas. Gauteng, KwaZulu-Natal, die Vrystaat en Oos-Kaap het die naweek groot dalings in temperatuur beleef en berigte van sneeu is ontvang. Twee mense is dood nadat hulle op die N3 in die KwaZulu-Natalse Middelland in sneeu vasgekeer is en verkluim het. Die departement se woordvoerder, Peter Mbelengwa, sê reddingspogings in dele van die land gaan voort.


4 views0 comments

Comments


bottom of page