top of page
Search

20-jarige Gerrie Volschenk word sedert 6 Junie uit Vereeniging vermis

VEREENIGING - Missing in SA het 'n kennisgewing uitgereik van 'n 20-jarige wat sedert 6 Junie 2024 vanuit Vereeniging vermis is. Die organisasie sê Gerrie Volschenk is daardie middag omstreeks 13:00 die laaste keer gesien. Dit is nie bekend wat hy ten tyde van sy verdwyning aangehad het nie. Volgens die foto het hy rooi krulhare, 'n ligte vel en 'n ligte baard. Missing in SA sê Volschenk het ook blou oë, ’n gemiddelde bouvorm en tatoeëermerke. Enigiemand met inligting kan Wendy by 072 649 7683 kontak.

FOTO: (Missing in SA)


4 views0 comments
A New Design (1) (1).jpg
bottom of page